| skoppelmaai [boodskap #127780] |
Do., 19 September 2019 19:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24305 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Meisie op 'n skoppelmaai.
skoppelmaai
Afbreking: skop•pel•maai
Selfstandige naamwoord: skoppelmaai
Meervoud: skoppelmaaie
Verkleinwoord: skoppelmaaitjie
Meervoud van verkleining: skoppelmaaitjies
Betekenis:
• 'n Sitplek aan twee toue waarop mens heen en weer kan swaai.
Gebruik:
• Die parkie het 'n skoppelmaai en ander speelgoed vir kinders.
Sinoniem:
• swaai
Wisselvorm:
• skoppermaai
• skoppelmaaier
Vertaling:
Engels: swing
Nederlands: schommel
Werkwoord: skoppelmaai
Verlede tyd: het geskoppelmaai
Betekenis:
• Om heen en weer te swaai.
Gebruik:
• Die kinders het tot laataand geskoppelmaai.
Vertaling:
Engels: to swing
Nederlands: schommelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|