| bewe [boodskap #127731] |
Sa., 14 September 2019 09:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bewe
Afbreking: be•we
Werkwoord: beef, bewe
Verlede tyd: het gebewe
Teenwoordige deelwoord: bewend, bewende
Betekenis:
• Om klein onbeheerste rukbewegings te maak; ruk/tril/vibreer van angs of koue.
Gebruik:
• Sy bewe so dat hy nie die ring aan haar vinger kan kry nie.
Vergelyking:
• bewe soos 'n riet.
Wisselvorm:
• beef
Sinoniem:
• bibber
• sidder
• tril
Vertaling:
Engels: to tremble, shiver, shudder, shake
Nederlands: beven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|