Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die boek, Comedies and tragedies, deur Beaumont, F., & Fletcher, J., 1647.Beaumont en Fletcher was Engelse toneelskrywers in Shakespeare se tyd. Hulle was onder die vriende wat hy dikwels in die Mermaid Tavem in Londen ontmoet het. Francis Beaumont (1584 - 1616) was ’n vriend van Drayton en Ben Jonson. John Fletcher (1579 - 1625) is aan die pes dood; van hom is die toneelstuk The Faithful Shepherdess (1609). Hulle het verskeie toneelstukke saam geskryf, soos The Two Noble Kinsmen.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.