Betekenis:
• Om saad te strooi of te plant sodat dit kan ontkiem en groei.
• Om uit te strooi; wyd verspreid voorkom.
Gebruik:
• Die boere saai gewoonlik mielies van September tot Desember.
• Die veldbrand het verwoesting op die plase gesaai.
Spreekwoord:
• Onkruid saai. [Moeilikheid veroorsaak.]
• Maai wat jy saai. [Die gevolge van jou dade dra.]
• Hy saai kwaad saad. [Probeer om moeilikheid te veroorsaak.]
• Wat jy saai, sal jy maai. [Jy sal die gevolge van jou dade moet dra.]
• Wie wil maai, moet saai. [As 'n mens iets wil verdien, moet jy eers werk.]
• Wie nie saai nie, sal nie maai nie. ['n Mens moet werk as hy sukses wil hê.]
• Wie onrus saai, sal moeite maai. [Wie slegte doen, moet die slegte gevolge dra.]
• Wie wind saai, sal storm oes. [Wie oproer verwek, word die slagoffer daarvan.]