Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aflei
aflei [boodskap #127558] So., 25 Augustus 2019 10:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aflei
Afbreking: af•lei
Samestelling: af + lei


Werkwoord: lei af, aflei
Verlede tyd: het afgelei
Verlede deelwoord: afgeleide

Betekenis:
• Om die gedagtes af te trek; iemand se aandag wegvat van waaraan hy of sy dink.
• Om 'n gevolgtrekking te maak; tot 'n insig/slotsom kom; begryp; verstaan.
• Om ondertoe te lei; na benede neem.

Gebruik:
• Ek probeer werk, moenie my aandag aflei nie.
• Ek kon uit sy woorde aflei dat dit 'n sukses was.
• My pa kom in terwyl ek my meisie stilletjies by die trappe aflei.

Verwant:
• afleiding

Vertaling:
Engels: to distract, avert; to derive, gather; to lead away, lead down
Nederlands: afleiden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: af
Volgende onderwerp: afrigter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 20:19:59 UTC 2025