| oordeel [boodskap #127545] |
Sa., 24 Augustus 2019 09:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24150 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oordeel
Afbreking: oor•deel
Werkwoord: oordeel
Verlede tyd: het geoordeel
Betekenis:
• 'n Mening of opinie oor 'n persoon of 'n saak gee.
Gebruik:
• Sy oordeel heeltemal te vinnig.
Vertaling:
Engels: to judge
Nederlands: oordelen
Selfstandige naamwoord: oordeel
Meervoud: oordele
Verkleinwoord: oordeeltjie
Meervoud van verkleining: oordeeltjies
Betekenis:
• 'n Mening of bevinding; iemand se opinie.
• Iemand se vermoë om te onderskei en besluite te neem.
Gebruik:
• Volgens my oordeel was die optrede geregverdig. Moenie so vinnig 'n oordeel vel nie.
• Die oordeel kom jou nie toe nie. Moenie die besluit aan ander se oordeel oorlaat nie.
Hiponiem:
• eindoordeel
• vooroordeel
Afgelei:
• oordeelkundig
• oordeelsfout
• oordeelsvermoë
Vertaling:
Engels: judgement, sentence, opinion
Nederlands: oordeel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|