Leksikograaf Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Blou (bo) en rooi (onder) lakmoespapier. As lakmoes in 'n suur geplaas word, bly die rooi rooi (regs onder) en die blou word rooi (regs bo). As lakmoes in 'n basis geplaas word, bly die blou blou (links bo) en die rooi word blou (links onder).lakmoestoets
Afbreking: lak•moes•toets
Samestelling: lakmoes + toets
Betekenis:
• (skeikunde) Toets met behulp van 'n kleurstof wat rooi verkleur in kontak met 'n suur en blou in kontak met 'n alkali (of basis).
• (figuurlik) 'n Toets wat uitsluitsel gee oor iets wat nog onseker of twyfelagtig is.
Gebruik:
• Die lakmoestoets is 'n baie ou, maar bekende toets wat vir die uitkenning van sure en basisse gebruik word.
• Die uiteindelike lakmoestoets vir die nuwe regering sal wees of hulle staatsbesteding daadwerklik sal kan inperk.
Verwant:
• lakmoespapier
Vertaling:
Engels: litmus test
Nederlands: lakmoesproef, lakmoestest
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.