Betekenis:
• 'n Plant in die grasfamilie (Poaceae) met hol stingels, litte en smal blare wat soorte soos graan, rys en bamboes insluit.
• Die grasperk in 'n tuin of op 'n sportveld.
Gebruik:
• Kikoejoe is 'n meerjarige, kruipende gras met dik wortelstokke (risome) en bogrondse ranke.
• Die kinders speel buite op die gras.
Spreekwoord:
• Hy byt in die gras. [Hy val of sneuwel.]
• Dis nie alles gras wat groen is nie. [Skyn bedrieg.]
• Maak dit van die gras af. [Dood maak of uit die weg ruim.]
• Moenie gras daaroor laat groei nie. [Handel dit dadelik af.]
• Die gras voor iemand se voete wegmaai. [Hom voorspring.]
• Moenie gras onder jou voete laat groei nie. [Tree dadelik op.]
• Daar is 'n slang in die gras. [Daar is onraad. Die omstandighede lyk verdag.]
• Die verste gras is die groenste. [Wat ver is, lyk aanlokliker as iets wat naby is.]
• Hulle het gras daaroor laat groei. [Daaroor geswyg of toegelaat dat dit vergeet word.]
• Daar skuil 'n adder in die gras. [Daar is iets onaangenaams , gevaarliks onder 'n skoon skyn verborge.]