Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lus
lus [boodskap #127478] Sa., 17 Augustus 2019 06:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24110
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Treintjie in 'n pretpark wat 'n lus in die lug maak.
Treintjie in 'n pretpark wat 'n lus in die lug maak.
lus
Afbreking: lus


Selfstandige naamwoord: lus
Meervoud: lusse
Verkleinwoord: lussie
Meervoud van verkleining: lussies

Betekenis:
• 'n Sirkel in 'n tou of lint; die deel van 'n knoop wat 'n boog vorm; strik; oog; lis.
• (figuurlik) 'n Aanhoudende herhaling.

Gebruik:
• Sit 'n lus aan die portret en hang dit teen die muur. As jy jou skoene vasmaak, vorm jy twee lusse en knoop dit aan mekaar vas.
• Snags word 'n vervelige lus van programme op TV uitgesaai.

Sinoniem:
• lis

Hiponiem:
• skuiflus
• skoenlus

Afgelei:
• lushanger
• lusknoop
• lussteek

Vertaling:
Engels: loop
Nederlands: lus


Selfstandige naamwoord: lus
Meervoud: luste
Verkleinwoord:

Betekenis:
• 'n Begeerte of verlange na iets; sin.

Gebruik:
• Ek het nie lus om te eet nie.
• As die lus vir roomys my pak, staan ek in die middel van die nag daarvoor op.

Spreekwoord:
• Eet wat jy lus en ly wat daarop volg. ['n Waarskuwing aan iemand wat te veel of te ryk eet.]

Afgelei:
• avontuurlus
• eetlus
• kooplus
• kyklus
• laglus
• leeslus
• lewenslus
• praatlus
• slaaplus
• spotlus
• strydlus
• troulus
• veglus
• wellus

Afgelei:
• lushof
• lusmakertjie
• lusoord

Vertaling:
Engels: craving, desire, inclination, delight
Nederlands: lust, zin


Werkwoord: lus
Verlede tyd: het gelus
Teenwoordige deelwoord: lussend

Betekenis:
• Om iets te wil hê of graag te wil doen.

Gebruik:
• Ek lus daai nagereg in die yskas.

Spreekwoord:
• Iets is jou lus en lewe. [Iemand se grootste plesier.]
• Dit smaak na teer en ek lus nog meer. [Dit het lekker gesmaak.]
• 'n Ou bok lus ook wel 'n groen blaartjie. [n Ouerige mens hou ook van iets lekkers.]

Vertaling:
Engels: to want, feel like
Nederlands: lust


Byvoeglike naamwoord: lus
Vergrotende trap: lusser
Oortreffende trap: lusste
Attributief:

Betekenis:
• Wat 'n mens graag wil hê of doen.

Gebruik:
• Ek is lus vir poeding.

Vertaling:
Engels: like, feel like
Nederlands: lust

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wittes
Volgende onderwerp: herhaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 09 12:34:41 UTC 2025