| sorg [boodskap #127368] |
Ma., 05 Augustus 2019 06:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sorg
Afbreking: sorg
Selfstandige naamwoord: sorg
Meervoud: sorge
Betekenis:
• 'n Probleem waaroor mens bekommerd is.
• Die verlening van versorging en beskerming; om iets op te pas en daarna om te sien.
Gebruik:
• Sy dra die wêreld se sorge op haar skouers. Vanaand gaan ons al ons sorge wegdans!
• Hy is in sy ouma en oupa se sorg geplaas.
Spreekwoord:
• Hy is 'n sieltjie sonder sorg. [Hy is iemand sonder kommer.]
• Wie dan leef, wie dan sorg. [Moenie jou oor die toekoms bekommer nie.]
Sinoniem:
• bekommernis
• kommer
• kwelling
• ontferming
Hiponiem:
• babasorg
• bejaardesorg
• kindersorg
• moedersorg
• pleegsorg
Afgelei:
• sorgbarend
• sorgloos
• sorgsaam
• sorgwekkend
Vertaling:
Engels: trouble, worry, concern; care
Nederlands: zorg
Werkwoord: sorg
Verlede tyd: het gesorg
Teenwoordige deelwoord: sorgend, sorgende
Betekenis:
• Om na iets of iemand om te sien; mooi oppas en daarna kyk.
• Om seker te maak dat iets beskikbaar is.
Gebruik:
• Sy sorg mooi vir haar katjie.
• Ek bring vleis, sal jy vir die slaai sorg? Hulle het gesorg dat daar nie 'n tekort aan spys en drank is nie.
Wisselvorm:
• sôre
Antoniem:
• verwaarloos
Vertaling:
Engels: to care
Nederlands: zorgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|