Betekenis:
• Wat snel is van begrip; dinge vinnig en maklik verstaan.
• Wat aan 'n goeie plan dink.
Gebruik:
• Die slim kind kan al tot 100 tel.
• Sy het 'n slim voorstel gemaak.
Spreekwoord:
• Dom vang vir slim. ['n Slim mens begaan ook foute.]
• Slim vang sy baas. ['n Mens kan jou vasloop deur te slim te wil wees.]
• Pasop as dom Jan vir slim Jan vang. [Moenie probeer om te slim te wees nie anders kom jy in die moeilikheid.]
• Wie nie sterk is nie, moet slim wees. [As 'n mens nie 'n saak met krag kan regmaak nie, moet jy jou verstand gebruik.]
Vergelyking:
• So slim soos die houtjie van die galg.
• So slim soos 'n boom vol uile.