Betekenis:
• Die periode van inaktiwiteit wanneer die oë toe is en die liggaam rus.
• Die opgedroogde afskeiding in die ooghoeke.
• (anatomie) Die plat sykant van die kop tussen die oog en die oor.
Gebruik:
• Hy snork as hy slaap.
• Sy strek haar uit en vee die slaap uit haar oë.
• Die skurk het sy pistool teen die slagoffer se slaap gedruk.
Werkwoord: slaap
Verlede tyd: het geslaap
Teenwoordige deelwoord: slapend, slapende
Betekenis:
• Om te rus terwyl die oë toe is.
• Om nie te konsentreer nie.
• Om 'n gevoelloosheid in die ledemate te ervaar.
Gebruik:
• Hy slaap al te lekker.
• Sy sit oopoë in die klas en slaap.
• Sy voet slaap omdat hy te lank daarop gesit het.
Spreekwoord:
• 'n Sloot in die dag slaap. [Baie laat opstaan.]
• Met die hoenders gaan slaap. [Baie vroeg gaan slaap.]
• Soos jy jou bed maak, so sal jy daarop slaap. ['n Mens dra die gevolge van jou dade.]
• Jou uittrek voor jy gaan slaap. [Jou erfgename hul erfdeel laat kry terwyl jy nog lewe.]
• 'n Jakkals wat slaap, tel hoenders in sy drome. [Wanneer 'n skelm nie sy streke uitvoer nie, maak hy planne.]
Vergelyking:
• Slaap soos 'n klip.
Antoniem:
• waak
Vertaling:
Engels: to sleep, be asleep, slumber; pins and needles
Nederlands: slapen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.