| hael [boodskap #127206] |
Wo., 24 Julie 2019 14:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24135 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Haelsteen.
hael
Afbreking: hael
Uitspraak: /hɑːl/
Selfstandige naamwoord: hael
Meervoud: –
Verkleinwoord: haeltjie
Meervoud van verkleining: haeltjies
Betekenis:
• Reëndruppels wat verys het. Korrels ys wat as neerslag uit die hemel val.
• Die klein korreltjies metaal in haelpatrone.
Gebruik:
• Die hael het 5 cm dik op ons grasperk gelê.
• Die fynste hael word donshael genoem en die grofste word bokhael genoem.
Spreekwoord:
• Hy is so bang soos 'n bok vir 'n skoot hael. [Baie bang wees.]
Afgelei:
• haelbestryding
• haelbui
• haelkorrel
• haelskade
• haelsnoer
• haelsteen
• haelstorm
• haelversekering
• haelwit
• haelwolk
• haelgeweer
• haelpatroon
Homofoon:
• haal (êrens heen gaan om iets terug te bring)
Vertaling:
Engels: hail
Nederlands: hagel
Werkwoord: hael
Verlede tyd: het gehael
Betekenis:
• Om korrels ys te vorm en op die aarde neer te val.
Gebruik:
• Dit hael nou erg.
Vertaling:
Engels: to hail
Nederlands: hagelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|