Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ware
ware [boodskap #127175] Ma., 22 Julie 2019 07:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24162
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
|Ware wat in 'n winkelvenster uitgestal word.
|Ware wat in 'n winkelvenster uitgestal word.
ware
Afbreking: wa•re



Selfstandige naamwoord:
Meervoud: ware

Betekenis:
• Goedere wat verhandel word.

Gebruik:
• Die smous verkoop antieke ware.

Sinoniem:
• artikels
• goedere
• produkte

Hiponiem:
• handelsware
• koopware
• kruideniersware
• toiletware

Vertaling:
Engels: goods, wares
Nederlands: waren


Byvoeglike naamwoord: waar
Attributief: ware

Betekenis:
• Attributiewe vorm van waar. In ooreenstemming met die werklikheid; feitelik; eg.

Gebruik:
• Jou ware aard en afkoms kan nie verborge bly nie.

Spreekwoord:
• Hy is iemand van die ware stempel. ['n Karaktervaste persoon.]

Vertaling:
Engels: true, authentic, indeed
Nederlands: ware, echte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inderdaad
Volgende onderwerp: persoonlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 11:26:19 UTC 2025