Betekenis:
• Om vloeistof in te neem, tipies deur die mond of wortels.
• Om alkohol te gebruik.
Gebruik:
• Drink bietjie water as jy dors is.
• Die man drink soos 'n vis.
Spreekwoord:
• Hy drink kasaterwater. [Baie flou koffie of tee.]
• Hy drink 'n bitter kelk. [Rampspoed ervaar.]
• Hy drink kromhoutsap. [Hy is dronk.]
• Koffie drink soos die kan dit skink. [Tevrede wees met wat jy kry.]
• 'n Mens moet nooit sê: Fonteintjie, ek sal nooit weer van jou drink nie. [Moenie so seker wees dat jy iets of iemand se hulp nooit weer sal benodig nie.]
Sinoniem:
• suip
Vertaling:
Engels: to drink
Nederlands: drinken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.