| igtioloog [boodskap #127092] |
Di., 16 Julie 2019 15:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24101 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Igtioloë wat 'n haai ondersoek.
igtioloog
Afbreking: ig•tio•loog
Selfstandige naamwoord: igtioloog
Meervoud: igtioloë
Betekenis:
• Iemand wat 'n deskundige op die gebied van visse is. Persoon wat visse wetenskaplik bestudeer.
Gebruik:
• Prof. J.L.B. Smith was 'n bekende Suid-Afrikaanse igtioloog wat die selakant geïdentifiseer en geklassifiseer het.
Sinoniem:
• viskundige
• viskenner
Verwant:
• igtiologie
• igtiologies
Vertaling:
Engels: ichthyologist
Nederlands: ichtyoloog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|