Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » glad
glad [boodskap #127088] Tue, 16 July 2019 06:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21101
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
glad
Afbreking: glad




Byvoeglike naamwoord: glad
Vergrotende trap: gladder
Oortreffende trap: gladste
Attributief: gladde
Intensief: seepglad, satynglad, spieëlglad, aalglad, botterglad

Betekenis:
• Egalig; met geringe ruheid; sonder knoppe of ongelyke dele.
• (figuurlik) Sonder probleme en komplikasies.

Gebruik:
• Die ys maak die pad glad en glibberig.
• Die onderhandelinge het glad verloop.

Spreekwoord:
• Hy is glad van bek. [Hy kan goed praat.]
• Die tyd se stroompie spoel die klippe glad. [Met verloop van tyd verdwyn die onaangenaamheid.]

Vergelyking:
• So glad soos seep.

Sinoniem:
• egalig
• gelyk

Antoniem:
• skurf
• grof

Vertaling:
Engels: smooth, slippery
Nederlands: glad


Bywoord: glad

Betekenis:
• Heeltemal.

Gebruik:
• Die strykyster wil glad nie meer werk nie.

Vertaling:
Engels: entirely, fully; alltogether, not at all
Nederlands: glad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: naar
Volgende onderwerp: eenvoudig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 17:07:55 UTC 2025