naar [boodskap #127087] |
Tue, 16 July 2019 06:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21101 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
naar
Afbreking: naar
Byvoeglike naamwoord: naar
Vergrotende trap: naarder
Oortreffende trap: naarste
Attributief: nare
Betekenis:
• Onaangename gevoel op die maag hê; siek wees; opbring/opgooi.
• Aaklig; onaangenaam; sleg en nie lekker nie.
Gebruik:
• Die ryk kos het my naar gemaak.
• Hoekom is jy so naar met my? Waarom is van die beste verhale altyd oor nare goed wat gebeur?
Sinoniem:
• aaklig
• goor
• olik
• mislik
Afgelei:
• naarheid
Vertaling:
Engels: sick, miserable, disagreeable; nasty, bad
Nederlands: naar
Xhosa: caphuka
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|