Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suiwer Afrikaans
Suiwer Afrikaans [boodskap #12652] So, 15 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nuusgroepe op die Intenet word toe noudie dag 'n onderwerp van bespreking
by die werk. Die een ou het so stil-stil in die hoek gesit en luister. Ek
kry toe nou my beurt en verduidelik dat ons onder andere op hierdie
nuusgroep 'n Afrikaans skryf
óór Afrikaans.

Daal hierdie kerel uit die bloute op my neer met 'n vlymskerp tong. Sê hy
toe vir my dat ek myself met 'n klomp kak ophou. Sy uitgangs punt was dat
hy 'n mens is, en 'n mens moet 'n taal gebruik om oor die weg te kom. Hy is
in 'n spesifieke etniese groep gebore (Afrikaans) en die taal moet hy nou
maar praat want dis wat sy Ma hom geleer het. Of jy dit nou Afrikaans,
Spaans Holland of Russies wil noem, is irrelevant. 'n Taal moet hy praat.

Wie de fok het die reg om vir hom te se hy praat verkeerd? Hy het nie tyd
vir kak soos spelreëls en korrekte Afrikaans nie. Solank iemand verstaan
wat hy probeer sê kan die res moertoe vlieg. En hy sal ok skryf soos hy
wil. Wie het in elk geval besluit oor die korrektheid van Afrikaans? 'n
Klomp Kaaskoppe het kom meide n.... in Afrika en skielik is daar 'n taal
soos Afrikaans. En skielik deel almal reels uit, left right and centre.

Ek het maar niks gesê nie. Net so in die stilligheid besluit ek sal dit
deel met die klomp wat in 'n "wierd" taal met mekaar kommunikeer ;-) en
mekaar teregwys op spelfoute :-)
--
Alwyn
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12664 is 'n antwoord op boodskap #12652] Ma, 16 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Wie de fok het die reg om vir hom te se hy praat verkeerd? Hy het nie tyd

Waarom moet jy so vloek om om iets te se. Kan jy nie anders nie, is dit dalk
'n slegte gewoonte,... ?
Ons verstaan Afrikaans baie goed, sonder dat daar van hierdie kleurryke
woorde gebruik gemaak
hoef te word.
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12671 is 'n antwoord op boodskap #12652] Di, 17 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , J writes
> kleurryke
> woorde

Jy moet toegee dit *gee* kleur :)

En die woorde is beskikbaar vir gebruik.

Sommige mense besef egter nie dat die kleur en trefkrag verlore
gaan wanneer dit so mildelik gebruik word nie.

--
rana
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12672 is 'n antwoord op boodskap #12652] Di, 17 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Alwyn Nel,

Ek sien jy bly in Suid-Afrika. Ek wonder hoe jy sou voel as jou familie
(bv jou ma of pa as sy/hy nog lewe) jou vieslike taal op die Internet lees.
Ek is te skaam om jou boodskap hier te herhaal. Ek het nie juis kritiek op
jou standpunte nie, net op jou vieslike taal. 'n Stukkie "strong
language" hier en daar kan 'n mens oorsien, maar soos jy te kere gaan, is
darem te dik vir 'n daler. En as 'n mens "weird" "wierd" spel... nou ja,
genoeg gesê.

Johanna Rykheer
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12690 is 'n antwoord op boodskap #12652] Wo, 18 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Nee wat ou Alwyn,

Dit lyk my die klomp wat jou nou al geantwoord het sit die pot heeltemal
mis. Hulle doen netmooi die dinge waaroor jy skryf in jou oorspronklike
pos - die spelreels, die morele uitsprake oor jou taal en sulke dinge, en
mis die gestalt van jou pos.

Ek is buite SA, en is Afrikaans. Ek gebruik dit as kommunikasiewyse met my
vrou (wat engelssprekend SA is) en my honde. En ek sien my taal verander.
Hier is daar niemand om syntakse te korrigeer nie - niemand om die Englese
woord wat so nou en dan inglip, uit te wys nie. Maar my taal krimp.

Nou wonder ek, hoeveel van 'n taal het mens nodig? Miskien is jou vriend
tog reg... miskien praat jy maar net jou manier, en solank hulle verstaan is
dit OK. Aan die ander kant is daar nie soveel reels in Afrikaans nie.

Kommentaar t.o.v. die inhoud van die pos is welkom.

Danie
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12691 is 'n antwoord op boodskap #12652] Wo, 18 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Nee wat ou Alwyn,
>
> Dit lyk my die klomp wat jou nou al geantwoord het sit die pot heeltemal
> mis. Hulle doen netmooi die dinge waaroor jy skryf in jou oorspronklike
> pos - die spelreels, die morele uitsprake oor jou taal en sulke dinge, en
> mis die gestalt van jou pos.

Hallo Danie, snaaks dat ek net reaksie ontvang van mense buite SA, soos
jyself en Johanna. Dalk is dit netnie meer 'n issue vir die
Afrikaanssprekendes nie. So gese so gedaan. Johanna vra of ek so voor my pa
sal praat. Ja, want my pa het my so geleer. Want my pa se pa het so
gepraat, voor sy vrou, al sy vriende en ook dié s'n, my vriend se vriend en
ook sy pa se vriende en sy oupa, voor hulle vrouens. Ook die ou in die
kanytoor langs my en sy familie, sy skoon familie en myne ingesluit, en
hulle vrouens. My bankbestuurder en makelaar doen dit ook, sowel as my
prokureer en dokter. Dit is nie vreemd nie, heel aanvaarbare Afrikaans.

Ek skakel die TV aan so nou en dan as ek lus kry vir so bietjie "smut" -
gewone alledaagse TV en hulle se meer woorde wat aanstoot aan Johanna kan
gee as wat Alwyn Nel in 'n leeftyd op 'n nuusgroep kan doen.
Sug....
>
> Ek is buite SA, en is Afrikaans. Ek gebruik dit as kommunikasiewyse met my
> vrou (wat engelssprekend SA is) en my honde. En ek sien my taal verander.
> Hier is daar niemand om syntakse te korrigeer nie - niemand om die Englese
> woord wat so nou en dan inglip, uit te wys nie. Maar my taal krimp.

Makiesakie. Dis dood natuurlik. Ek ken mense wat 35 jaar gelede uit Holland
SA toe geimigreer het. Hulle praat nogsteeds met 'n erg Hollandse aksent,
maar die familie wat kom kuier uit Holland kan hulle nie verstaan nie. Ek
het toe lank oor die storie gedink en tot die slotsom gekom dat hulle bloot
na dese Afrikaans praat met 'n Hollandse aksent.
>
> Nou wonder ek, hoeveel van 'n taal het mens nodig? Miskien is jou vriend
> tog reg... miskien praat jy maar net jou manier, en solank hulle verstaan is
> dit OK. Aan die ander kant is daar nie soveel reels in Afrikaans nie.

Inderdaad. Die huidige Afrikaanse spelreels se jy kan skryf soos jy wil.
Menige Engelse woorde soos "box" is ver-Afrikaans en word nou "boks"
gespel, en "chips" is nou goeie afrikaans as jy dit "tjips" skryf
ensovoorts. Terloops, "doos" het nou volgens die nuwe spelreels uitsluitlik
'n seksuele konotasie......

> Kommentaar t.o.v. die inhoud van die pos is welkom.

Ek kan myself nie bedwing om tog vir Johanna uit te wys dat ek enige iets
kan skryf sonder om te vloek nie, maar ek fokken brand om dit te doen.
Miskien kan sy vir ons se wie het besluit watter woorde vloekwoorde is. Het
dit nie dalk iets met haar mindset te doen nie?

Groetnis , Alwyn Nel
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12702 is 'n antwoord op boodskap #12652] Do, 19 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
'Skuus, ek is nuut hier rond, maar julle sal seker nie omgee as ek ook 'n
straaltjie bypiepie nie?

Alwyn Nel:

>> Nee wat ou Alwyn,
>>
>> Dit lyk my die klomp wat jou nou al geantwoord het sit die pot heeltemal
>> mis.

Inderdaad. Alwyn rapporteer mos net wat die ander ou te sê gehad het, so dis
nie sy woorde nie. Of hoe? Ons weet hy vloek nooit nie. Ek ook nie. My
dominee ook nie...

Groete

Henri
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12703 is 'n antwoord op boodskap #12652] Do, 19 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Wel, in die geval sal dit seker nie so
> 'n verlies wees as Afrikaans uitsterf nie.
> Ek dink nie die deursnee Engels in SA word
> met soveel veragterde woorde gepraat nie.

Gloudina

Ek is nuut hier rond, maar ek sien die ouens kap jou dikwels oor jou
uitsprake. N.a.v. bg. wil ek jou graag vertel van 'n stuk wat ek onlangs
lees. 'n Kanadese dokter vertel van sy wedervaringe in die weermag daar, en
spesifiek van die keurige taalgebruik van julle soldate. Op 'n dag val 'n
korporaal se motorfiets vas in die modder (julle het blykbaar baie), en om
geen wil en dood kan hy die fiets daar uitkry nie. Die dokter sê ter wille
van respektabelheid sal hy die woord 'flip' gebruik om die soldaat se woorde
te weergee: "Doc, the flipping flipper is flipped!" Besonderse alliterasie
en binnerym.

Hy gaan voort deur te sê dat daar 'n beweging op tou is in Kan. om hierdie
soort taalgebruik uit te roei in die weermag. Hy self sal nie een van daai
ouens aanstel as 'n Sondagskool onderwyser nie, maar die dag as die Gestapo
hom gevang het en dreig om sy gonades af te sny, sal hy bid dat 'n paar van
hulle opdaag...

So dit lyk my dis 'n kwessie van perspektief.

Groete uit die Nuwe!, Verbeterde!, Was-Witter-as-Ooit! SA.

Henri
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12704 is 'n antwoord op boodskap #12652] Do, 19 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Alwyn Nel" writes: >

> Hallo Danie, snaaks dat ek net reaksie ontvang van mense buite SA, soos
> jyself en Johanna. Dalk is dit netnie meer 'n issue vir die
> Afrikaanssprekendes nie.

Nou hoe het ek dit? Het Johanna se e-pos
adres nie 'n ZA aan die einde nie?

Johanna vra of ek so voor my pa
> sal praat. Ja, want my pa het my so geleer. Want my pa se pa het so
> gepraat, voor sy vrou, al sy vriende en ook dié s'n, my vriend se vriend en
> ook sy pa se vriende en sy oupa, voor hulle vrouens. Ook die ou in die
> kanytoor langs my en sy familie, sy skoon familie en myne ingesluit, en
> hulle vrouens. My bankbestuurder en makelaar doen dit ook, sowel as my
> prokureer en dokter. Dit is nie vreemd nie, heel aanvaarbare Afrikaans.

Wel, in die geval sal dit seker nie so
'n verlies wees as Afrikaans uitsterf nie.
Ek dink nie die deursnee Engels in SA word
met soveel veragterde woorde gepraat nie.

.....

Gloudina Bouwer
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12705 is 'n antwoord op boodskap #12652] Do, 19 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek dink nie die deursnee Engels in SA word
> met soveel veragterde woorde gepraat nie.
>

Jy reken???

Miskien 'n bietjie out of touch met jonger mense? En wanneer laas het jy
gaan fliek?

Danie
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12706 is 'n antwoord op boodskap #12652] Do, 19 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote:

> "Alwyn Nel" writes: >
> Wel, in die geval sal dit seker nie so
> 'n verlies wees as Afrikaans uitsterf nie.
> Ek dink nie die deursnee Engels in SA word
> met soveel veragterde woorde gepraat nie.
>

Dink weer. Jy't duidelik nie 'n idee van wat deesdae in Sa gepraat word of nie.
Miskien moet jy self hiernatoe kom en vir jouself sien en hoor wat in hierdie
land aangaan.

H-J
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #12721 is 'n antwoord op boodskap #12652] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn het seker maar 'n minderwaardigheids gevoel as hy so vloek - kerel
moet maar aan sy eie selfbeeld werk voor hy hier so baie verbale diaree kom
kwytraak!

J wrote in article ...
| >Wie de fok het die reg om vir hom te se hy praat verkeerd? Hy het nie tyd
|
|
| Waarom moet jy so vloek om om iets te se. Kan jy nie anders nie, is dit dalk
| 'n slegte gewoonte,... ?
| Ons verstaan Afrikaans baie goed, sonder dat daar van hierdie kleurryke
| woorde gebruik gemaak
| hoef te word.
|
|
Re: Suiwer Afrikaans [boodskap #13034 is 'n antwoord op boodskap #12652] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Johanna,

Jy gooi te gou klippe jong. As jy mooi gelees het, sou jy gesien het Alwyn
haal eintlik die ander ou se woorde aan. Miskien moes hy die aanhalings
tussen " " geskryf het, a la Afr. Woordelys & Spelree"ls. En buitendien,
siende dat die onderwerp gaan oor "Suiwer Afrikaans", al die woorde
(behalwe "wierd"/"weird") IS SUIWER AFRIKAANS!

Dries Venter

Johanna Rykheer wrote in article
...
> Alwyn Nel,
>
> Ek sien jy bly in Suid-Afrika. Ek wonder hoe jy sou voel as jou familie
> (bv jou ma of pa as sy/hy nog lewe) jou vieslike taal op die Internet lees.
> Ek is te skaam om jou boodskap hier te herhaal. Ek het nie juis kritiek op
> jou standpunte nie, net op jou vieslike taal. 'n Stukkie "strong
> language" hier en daar kan 'n mens oorsien, maar soos jy te kere gaan, is
> darem te dik vir 'n daler. En as 'n mens "weird" "wierd" spel... nou ja,
> genoeg gesê.
>
> Johanna Rykheer
Vorige onderwerp: Gloudina die houtkop of houtpop.
Volgende onderwerp: ("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 18:25:55 MGT 2024