Betekenis:
• 'n Werk wat inligting oor alle fasette van die wetenskap en kuns bevat. 'n Gestruktureerde en geskrewe versameling van menslike kennis, in boekvorm of digitaal.
Gebruik:
• Geskrifte met 'n ensiklopediese omvang is al sedert die vroeë menslike geskiedenis saamgestel, maar die term ensiklopedie dateer uit die 16de eeu.
Spreekwoord:
• Hy is 'n wandelende ensiklopedie. [Iemand wat baie praat en klaarblyklik iets van als weet.]