natuurlik [boodskap #126981] |
Tue, 09 July 2019 15:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21089 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
natuurlik
Afbreking: na•tuur•lik
Byvoeglike naamwoord: natuurlik
Vergrotende trap: natuurliker
Oortreffende trap: natuurlikste
Attributief: natuurlike
Partitief: natuurlikes
Intensief: doodnatuurlik
Betekenis:
• Uit die natuur afkomstig; nie deur mense gemaak nie.
• Binne karakter en sonder 'n aansittery; gemaklik en ontspanne.
Gebruik:
• Veroudering is 'n natuurlike proses wat onomkeerbaar is.
• Hy het 'n natuurlike aanleg om voor mense te kan praat.
Antoniem:
• bonatuurlik
• onnatuurlik
• teennatuurlik
Afgelei:
• natuurlikerwys
• natuurlikheid
Vertaling:
Engels: natural, native
Nederlands: natuurlijk
Bywoord: natuurlik
Betekenis:
• Vanselfsprekend; voor die hand liggend.
Gebruik:
• Om te kook is 'n kuns, maar natuurlik ook 'n noodsaaklike aktiwiteit om aan die lewe te bly.
Vertaling:
Engels: naturally, of course
Nederlands: natuurlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|