Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eend
eend [boodskap #126965] Sun, 07 July 2019 20:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21089
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Eend.
'n Eend.
eend
Afbreking: eend




Selfstandige naamwoord: eend
Meervoud: eende
Verkleinwoord: eendjie
Meervoud van verkleining: eendjies

Betekenis:
• Watervoël wat aan die familie van die ganse en swane (Anatidae) behoort.

Gebruik:
• Die eend en haar kuikens stap in 'n ry na die dam.

Spreekwoord:
• So gelukkig soos 'n eend in die water. [Baie gelukkig.]
• Die gebraaide eend vlieg haar in die mond. [Sy kry dinge sonder veel moeite reg.]
• Soos water op 'n eend se rug. [Gesê aan iemand wat hom nie aan goedbedoelde raad of kritiek steur nie.]
• Die belofte is goed, maar die eend lê die eier. [Praat is nie belangrik nie, maar die doen van die saak.]

Afgelei:
• mannetjie-eend
• mannetjieseend
• pylsterteend
• see-eend
• smee-eend
• wilde-eend
• wyfie-eend

Vertaling:
Engels: duck
Nederlands: eend

Nota:
• Versamelnaam: 'n trop eende.
• Dieregeluid: kwaak of snater.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beskrywing
Volgende onderwerp: miskien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 04:19:05 UTC 2025