Betekenis:
• Om stukkend te maak of te raak; in stukke afbreek; skei.
• Om te eindig; laat ophou.
• Om nie na te kom nie.
• Om te begin; aanbreek.
Gebruik:
• Boetie breek al sy speelgoed.
• Wat kan ons doen om sussie se koors te breek?
• Sy breek haar belofte om met hom te trou.
• 'n Nuwe dag breek aan.