Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onderwyser
onderwyser [boodskap #126917] Sat, 06 July 2019 08:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21089
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Onderwyser wat klas gee.
'n Onderwyser wat klas gee.
onderwyser
Afbreking: on•der•wy•ser
Uitspraak: /onərˈvəɪ̯sər/




Selfstandige naamwoord: onderwyser
Meervoud: onderwysers
Verkleinwoord: onderwysertjie
Meervoud van verkleining: onderwysertjies

Betekenis:
• Persoon (manlik of vroulik) wat opgelei is om onderrig te gee.

Gebruik:
• Die onderwyser moet somtyds terugstaan, sodat kinders foute kan maak en ook deur hulle ontdekkings ervaring kan opbou.

Sinoniem:
• leerkrag
• leermeester
• onnie (informeel)
• skooljuffrou
• skoolmeester
• skoolmeneer

Antoniem:
• onderwyseres (vroulik)

Hiponiem:
• aflosonderwyser
• laerskoolonderwyser
• hoërskoolonderwyser

Afgelei:
• onderwysersvereniging

Verwant:
• onderwys

Vertaling:
Engels: teacher, schoolmaster
Nederlands: onderwijzer, leraar
Swazi: thishela, umfundzisi
Venda: mudededzi, thitshara
Xhosa: ititshala, umfundisi-ntsapho
Zoeloe: umfundisi, utisha, uthishela

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hospitaal
Volgende onderwerp: snert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 04:32:09 UTC 2025