Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heelgetal
heelgetal [boodskap #126873] Wo., 03 Julie 2019 20:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25621
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
heelgetal
Afbreking: heel•ge•tal
Samestelling: heel + getal



Selfstandige naamwoord: heelgetal
Meervoud: heelgetalle
Verkleinwoord: heelgetalletjie
Meervoud van verkleining: heelgetalletjies

Betekenis:
• 'n Getal (positief, negatief of nul) wat altyd vereenvoudig kan word na 'n getal wat nie 'n breuk is nie.

Gebruik:
• Een (1) is 'n heelgetal, maar 1½ en 1,1 is nie.
• Die reeks van heelgetalle lyk as volg: …, −5, −4, −3, −2, −1, 0, 1, 2, 3, 4, 5, …

Wisselvorm:
• heeltal

Antoniem:
• breukgetal

Vertaling:
Engels: integer
Nederlands: geheel getal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 22 Junie 2026 17:12]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: Donderdag
Volgende onderwerp: heide
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jun. 28 04:23:52 UTC 2026