Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rys
rys [boodskap #126847] Ma., 01 Julie 2019 20:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24100
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Rys
Rys
rys
Afbreking: rys
Uitspraak: /rə̟i̯s/




Selfstandige naamwoord: rys
Meervoud: ryse

Betekenis:
• (voeding) Langwerpige korrels graan.
• Sade van die rysplant, Oryza sativa.

Gebruik:
• Ons eet vanaand rys en vleis.
Rys word in tropiese en subtropiese gebiede geplant.

Hiponiem:
• geelrys
• witrys

Afgelei:
• rysbrandewyn
• rysoes
• ryskorrel
• rysland
• ryswyn

Homofoon:
• reis ('n tog; toer)

Vertaling:
Engels: rice
Nederlands: rijst


Werkwoord: rys
Verlede tyd: het gerys
Teenwoordige deelwoord: rysende

Betekenis:
• Om op te styg of op te gaan.
• (kookkuns) Om groter te word; uitsit; opswel; gis.

Gebruik:
• Die son rys in die ooste.
• Die deeg moet eers rys.

Spreekwoord:
• Sy hare rys te berge. [Hy skrik baie groot.]

Afgelei:
• herrys
• oprys
• uitrys
• verrys

Vertaling:
Engels: to rise
Nederlands: rijzen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: las
Volgende onderwerp: herdersdig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 08 04:45:38 UTC 2025