Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » graad
graad [boodskap #126826] Sun, 30 June 2019 19:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21089
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
graad
Afbreking: graad




Selfstandige naamwoord: graad
Meervoud: grade
Verkleinwoord: graadjie
Meervoud van verkleining: graadjies

Betekenis:
• Die vlak of gehalte van iets.
• (onderwys) Kwalifikasie wat aan 'n universiteit verwerf is.
• (fisika) Hoe warm iets is; die skaalverdeling van 'n termometer.
• (wiskunde) Eenheid waarin die grootte van 'n hoek gemeet word (1/360 van die omtrek van 'n sirkel).
• (wiskunde) Die mag of orde van 'n polinoom.

Gebruik:
• Hy is in graad agt. Sy neem Biologie op hoërgraad.
• Die B.Sc.-graad is gewoonlik 'n driejarige kursus.
• Ons moet die koek op 180 grade Celsius bak.
• 'n Reghoek is 90 grade.
• Die uitdrukking x2–6x+9 is 'n polinoom van die tweede graad.

Homofoon:
• graat (visgraat)

Afgelei:
• BA-­graad
• doktorsgraad
• meestersgraad
• honeursgraad

Afkorting:
• gr.

Vertaling:
Engels: degree, grade, rank
Nederlands: graad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waatlemoen
Volgende onderwerp: graat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 04:17:42 UTC 2025