Betekenis:
• (plantkunde) Die eetbare vlesige produk van bome en plante.
• Deel van 'n plant wat uit die blom ontwikkel en die saad vorm.
• Met voordeel/ resultaat/ opbrengs.
Gebruik:
• 'n Waatlemoen is 'n soet, sappige vrug.
• Die rooi vrug van hierdie plant is giftig.
• Dié forum kan met vrug gebruik word.
Spreekwoord:
• Aan die vrug word die boom geken. [Iemand se karakter spreek uit sy dade.]