Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gat
gat [boodskap #126787] Vr., 28 Junie 2019 20:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gat
Afbreking: gat




Selfstandige naamwoord: gat
Meervoud: gate
Verkleinwoord: gaatjie
Meervoud van verkleining: gaatjies

Betekenis:
• 'n Leë holte of opening in iets.

Gebruik:
• Weens besoedeling en ander faktore is daar 'n gat in die osoonlaag.

Spreekwoord:
• Hy praat my 'n gat in die kop. [Hy praat my om.]
• Daar is 'n gat in sy beursie. [Hy gee sy geld gou uit.]
• Hy het vir elke gat 'n spyker. [Altyd 'n antwoord reg hê.]
• Een gat grawe om 'n ander te vul. [Iemand benadeel om 'n ander te bevoordeel.]
• 'n Gedurige gedrup maak 'n gat in 'n klip. [Voortdurende geneul kan later vrugte afwerp.]
• 'n Gat vir iemand grawe en self daar inval. [Iemand in moeilikheid lok, maar self daarin beland.]

Hiponiem:
• luggat
• luikgat
• sleutelgat
• skuiwergat

Afgelei:
• gatesteker

Vertaling:
Engels: hole, gap, opening
Nederlands: gat


Selfstandige naamwoord: gat
Meervoud: gatte

Betekenis:
• (plat) Agterstewe van 'n mens of dier.
• (pejoratief) Neerhalende benaming vir 'n mens of plek.

Gebruik:
• Sit op jou gat en bly stil!

Spreekwoord:
• As hy nog maerder word gaan hy deur jou eie gat val. [Gesê van iemand wat te maer is].

Sinoniem:
• aars
• agterent
• agterstewe
• boude
• fondament

Hiponiem:
• bakgat
• hardegat
• kaalgat
• luigat
• maalgat
• ougat
• rookgat
• sinkgat
• slaggat
• slapgat
• stoutgat
• tweegatjakkals
• windgat

Afgelei:
• gatkant
• gatkruip
• gatlek
• gatmaak
• gatsteek
• gatvol

Vertaling:
Engels: ass
Nederlands: achtersteven, kont

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: netjies
Volgende onderwerp: u
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 23:11:01 UTC 2025