Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hol
hol [boodskap #126742] Ma., 24 Junie 2019 07:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26646
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
hol
Afbreking: hol
Uitspraak: /ɦɔl/



Byvoeglike naamwoord: hol
Vergrotende trap: holler
Oortreffende trap: holste

Betekenis:
• Met 'n leë ruimte (gat) aan die binnekant.
• Met 'n oppervlak wat na binne gekrom is; konkaaf of bolhol.
• (figuurlik) Leeg en sonder inhoud of betekenis; sinneloos.

Gebruik:
• 'n Sokkerbal is hol binne. Die kinders is hol en daar is nie kos in die huis nie.
• Die bedelaar staan met hol hande langs die pad. 'n Hol lens is in die middel dunner as aan die kante.
• God luister nie na hol woorde nie. [Job 35:13]

Spreekwoord:
• Net genoeg vir 'n hol tand. [Baie min.]

Antoniem:
• bolvormig

Vertaling:
Engels: hollow, concave, empty
Nederlands: hol


Werkwoord: hol
Verlede tyd: het gehol

Betekenis:
• Om vinnig te hardloop.
• Om te vlug.

Gebruik:
• Rugby is 'n veelsydige sport, 'n mens kan nie nét skop of nét hol nie.
• Die dief het gehol toe hy die geweer sien.

Vertaling:
Engels: to run
Nederlands: hollen


Selfstandige naamwoord: hol
Meervoud: holle
Verkleinwoord: holletjie
Meervoud van verkleining: holletjies

Betekenis:
• 'n Oormatige vrees of opgewondenheid.
• (pejoratief) Die agterstewe; boude of anus.

Gebruik:
• Die hoë petrolprys het almal op hol.
• Moet iemand jou eers onder die hol skop voordat jy begin leer?

Spreekwoord:
• Sy kop is op hol. [Iemand weet nie meer wat hy doen nie.]

Sinoniem:
• boude
• gat

Vertaling:
Engels: run
Nederlands: hol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kos
Volgende onderwerp: geraasbesoedeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Sep. 27 13:04:18 UTC 2026