Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tand
tand [boodskap #126733] So., 23 Junie 2019 16:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24106
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die deursnee van 'n tand.
Die deursnee van 'n tand.
tand
Afbreking: tand
Uitspraak: /tɑnt/




Selfstandige naamwoord: tand
Meervoud: tande
Verkleinwoord: tandjie
Meervoud van verkleining: tandjies

Betekenis:
• 'n Harde, wit, ivooragtige struktuur in die mond van mense en sommige diere wat gebruik word om te byt en te kou.
• (tegniek) Skerp uitsteeksel aan bepaalde voorwerpe, soos 'n saag of tandwiel.

Gebruik:
• Die tand langs my valstand het 'n gaatjie in.
• Een van die saag se tande het afgebreek.

Spreekwoord:
• Net genoeg vir 'n hol tand. [Baie min.]
• Van die hand in die tand lewe. [Elke dag uitgee wat jy verdien.]
• Iemand aan die tand voel. [Iemand se kennis, gesindheid ondersoek.]
• Met hand en tand beveg. [Met alles in jou vermoë en tot jou beskikking.]
• 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. [Presies eis wat 'n mens skade gely het.]
• Van die hand in die tand, val die pap in die sand. [Op die laaste oomblik kan iets nog verkeerd gaan.]

Hiponiem:
• kiestand
• kunstand
• snytand
• soettand
• valstand
• voortand

Afgelei:
• tandarts
• tandkroon
• tandpyn
• tandwortel

Vertaling:
Engels: tooth, cog
Nederlands: tand

Nota:
• Moenie "tand" met "tant" ('n tante of tannie) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkorting
Volgende onderwerp: somer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 08 14:39:16 UTC 2025