Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tussenwerpsel
tussenwerpsel [boodskap #126668] Sun, 16 June 2019 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
tussenwerpsel
Afbreking: tus•sen•werp•sel
Samestelling: tussen + werpsel
Uitspraak: /ˈtœsənvɛrpsəɫ/




Selfstandige naamwoord: tussenwerpsel
Meervoud: tussenwerpsels
Verkleinwoord: tussenwerpseltjie
Meervoud van verkleining: tussenwerpseltjies

Betekenis:
• (grammatika) 'n Uitroep of versugting; woord of frase wat emosie uitdruk.

Gebruik:
• 'n Tussenwerpsel kan gebruik word om emosies soos verskrikking, opgewondenheid of jammerte te beskryf.
• 'n Tussenwerpsel word meesal gevolg deur 'n uitroepteken en staan gewoonlik aan die begin of einde van 'n sin.
• Voorbeelde van tussenwerpsels: Ag tog, Ai, Aikôna, Aitsa, Eina, Foeitog, Hoera, Hiert, Genade, Genugtig, Griet, O, Rêrig, Sjoe en Sjuut!

Sinoniem:
• interjeksie
• ontladingswoord

Afkorting:
• tw.

Vertaling:
Engels: interjection
Nederlands: tussenwerpsel

Nota:
• 'n Tussenwerpsel vorm nie deel van die normale sin nie, maar word bygevoeg om emosie oor te dra.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dadelik
Volgende onderwerp: metaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Jan 26 06:12:42 UTC 2025