Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duur
duur [boodskap #126607] Do, 13 Junie 2019 20:22
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
duur
Afbreking: duur
Uitspraak: /dyr/




Byvoeglike naamwoord: duur
Vergrotende trap: duurder
Oortreffende trap: duurste
Attributief: dure
Partitief: duurs
Intensief: peperduur, bitterduur

Betekenis:
• Wat baie geld kos en nie goedkoop is nie.

Gebruik:
• Kos het regtig duur geword.

Spreekwoord:
• Dit kom hom duur te staan. [Daarvoor sal hy moet boet.]
• Ek het my lewe duur verkoop. [Jou met alle mag verweer.]
• Goedkoop ink is beter as 'n duur boodskap. ['n Skriftelike boodskap kan nie verkeerd verstaan word nie.]
• Hy betaal duur leergeld. [Baie skade kry terwyl 'n mens daardeur ervaring opdoen.]
• 'n Mens kan goud ook te duur koop. ['n Mens kan te duur vir iets betaal, al is dit ook hoe waardevol.]

Antoniem:
• goedkoop

Vertaling:
Engels: expensive, dear
Nederlands: duur


Werkwoord: duur
Verlede tyd: het geduur

Betekenis:
• 'n Seker tyd neem; aanhou.

Gebruik:
• Die kerkdiens sal een uur lank duur.
• Die konsert het amper twee ure geduur.

Vertaling:
Engels: to last, remain, keep
Nederlands: duren


Selfstandige naamwoord: duur
Meervoud:

Betekenis:
• Volledige tydperk van begin tot einde.

Gebruik:
• Sit jou selfoon vir die duur van die vertoning af.

Vertaling:
Engels: duration, continuance
Nederlands: duur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dink
Volgende onderwerp: internis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:57:51 MGT 2024