Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meervoud
meervoud [boodskap #126574] Wo., 12 Junie 2019 08:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meervoud
Afbreking: meer•voud
Uitspraak: /ˈmiə̯rfəʊ̯t/




Selfstandige naamwoord: meervoud
Meervoud: meervoude
Verkleinwoord: meervoudjie
Meervoud van verkleining: meervoudjies

Betekenis:
• 'n Woordvorm wat meer as een persoon, ding of saak uitdruk.

Gebruik:
• Die woord "perd" se meervoud is "perde" (perd + -e).
• Die lidwoord 'n word nooit voor 'n meervoud gebruik nie.
• In Afrikaans word die meervoud met 'n agtervoegsel of deur die verbuiging van die enkelvoud gevorm.

Sinoniem:
• pluralis

Antoniem:
• enkelvoud
• singularis

Afkorting:
• mv.

Afgelei:
• meervoudig
• meervoudsvorm

Vertaling:
Engels: plural
Nederlands: meervoud, pluralis
Venda: vhunzhi
Zoeloe: ubuningi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vark
Volgende onderwerp: enkelvoud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jul. 14 00:10:55 UTC 2026