Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » homofoon
homofoon [boodskap #126564] Wo, 12 Junie 2019 07:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
homofoon
Afbreking: ho•mo•foon
Uitspraak: /ɑntuˈnim/



Selfstandige naamwoord: homofoon
Meervoud: homofone
Verkleinwoord: homofoontjie
Meervoud van verkleining: homofoontjies

Betekenis:
• Woorde wat presies eenders klink, maar waarvan die betekenis en spelling verskil; 'n gelykklinkende woord.

Gebruik:
• "Ly" (pyn en lyding) is 'n homofoon van "lei" (voor loop).
• Die homofoon van "faal" (misluk) is "vaal" (vervelend, vuilwit, bleekgeel, gryserig of bleekbruin).
• "Vee" (beeste en skape) vs. "fee" (sprokiesfiguur) is homofone.

Verwant:
• sinoniem
• antoniem
• homoniem
• homograaf
• hiperoniem
• hiponiem
• toponiem
• holoniem
• meroniem

Vertaling:
Engels: homophone
Nederlands: homofoon

Nota:
• Dink aan 'n foon, jy hoor dit klink dieselfde maar beteken nie dieselfde nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: antoniem
Volgende onderwerp: homoniem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:02:01 MGT 2024