| geskenk [boodskap #126536] |
Ma., 10 Junie 2019 06:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Toegedraaide geskenke.
geskenk
Afbreking: ge•skenk
Selfstandige naamwoord: geskenk
Meervoud: geskenke
Verkleinwoord: geskenkie
Meervoud van verkleining: geskenkies
Betekenis:
• Iets wat iemand vir iemand anders gee sonder om iets terug te verwag.
Gebruik:
• Onthou om vir jou suster 'n geskenk vir haar verjaarsdag te koop.
• Wat se geskenk het jy vir Kersfees gekry?
Sinoniem:
• kado (ongewoon)
• persent
Hiponiem:
• trougeskenk
• verjaardaggeskenk
Afgelei:
• geskenkbewys
• geskenkpapier
• geskenkwinkel
Vertaling:
Engels: gift, present
Latyn: xenium
Nederlands: cadeau, geschenk
Zoeloe: isipho
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|