Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebeur
gebeur [boodskap #126501] Sa, 08 Junie 2019 19:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebeur
Afbreking: ge•beur




Werkwoord: gebeur
Verlede tyd: het gebeur

Betekenis:
• Werklikheid word.

Gebruik:
• Wat met ons gebeur is minder belangrik as wat in ons gebeur.

Spreekwoord:
• Wat gebeur het, het gebeur. [Dit kan nie ongedaan gemaak word nie.]
• Dit sal gebeur as die hoenders tande kry. [Dit sal nooit gebeur nie.]
• Dit gebeur in die jaar nul as die hingste vul. [Dit gaan nooit gebeur nie.]
• As dit met groen hout gebeur, wat sal met die droë hout gebeur? [As 'n vooraanstaande persoon iets teleurstellends doen, wat kan 'n mens dan nie verwag van 'n gewone mens nie.]

Sinoniem:
• geskied
• materialiseer
• plaasvind
• voorkom

Verwant:
• gebeure
• gebeurtenis
• gebeurlikheid

Vertaling:
Engels: to happen, occur, come about
Nederlands: gebeur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skrywers
Volgende onderwerp: ernstige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:49:31 MGT 2024