Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » alleen
alleen [boodskap #126481] Sa., 08 Junie 2019 11:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26872
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
alleen
Afbreking: al•leen




Byvoeglike naamwoord: alleen
Vergrotende trap: allener
Oortreffende trap: alleenste
Attributief: alleen
Intensief: stokalleen, stoksielalleen, vingeralleen, moedersielalleen, manalleen, vroualleen

Betekenis:
• Sonder ander by jou; in eensaamheid en sonder geselskap.
• Sonder die hulp van ander; op jou eie.

Gebruik:
• Sy woon alleen in 'n klein woonstelletjie.
• Hy kan sy veters alleen vasmaak!

Spreekwoord:
• 'n Ongeluk kom nooit alleen nie. [Een ongeluk word meestal deur 'n ander gevolg.]
• 'n Mens kan nie van brood alleen lewe nie. [Die geestelike is belangriker as die fisiese.]

Vergelyking:
• So alleen soos my vinger.

Afgelei:
• alleenagent
• alleenheerser
• alleenheid
• alleenlik
• alleenloper
• alleensang
• alleenspel
• alleenspraak
• alleenstaande
• alleenvlug

Vertaling:
Engels: alone, single, isolated; by oneself
Nederlands: alleen


Bywoord: alleen

Betekenis:
• Slegs; bloot.
• Uitsluitlik; net.

Gebruik:
• Hy is nie alleen intelligent nie, hy is nog hardwerkend ook.
• Hierdie maaltyd mag alleen in 'n mikrogolfoond opgewarm word.

Vertaling:
Engels: only
Nederlands: alleen, slechts, uitsluitend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afdeling
Volgende onderwerp: hulp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Okt. 18 17:05:37 UTC 2026