Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
opgetree
Afbreking: op•ge•tree
Werkwoord: tree op, optree
Verlede tyd: het opgetree
Betekenis:
• Verlede deelwoord van optree: hoe iemand hom gedra en gehandel het; maatreëls uitgevoer; wat in die openbaar gedoen is.
Gebruik:
• Die Polisie het binne die raamwerk van die wet opgetree.
• Die skoolhoof het ernstig teenoor leerders wat stokkies draai opgetree.
• Die vertoning het duisende mense getrek en dosyne kunstenaars het opgetree.
Vertaling:
Engels: acted, performed
Nederlands: opgetreden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.