Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lyf
lyf [boodskap #126458] Vr, 07 Junie 2019 19:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19029
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lyf
Afbreking: lyf
Uitspraak: /ləif/




Selfstandige naamwoord: lyf
Meervoud: lywe
Verkleinwoord: lyfie
Meervoud van verkleining: lyfies

Betekenis:
• Die fisieke liggaam van 'n mens of 'n dier.
• Die belangrikste gedeelte van iets.

Gebruik:
• Die Minotaurus was 'n kreatuur met die kop van 'n bul en die lyf van 'n man.
• 'n Goeie opstel bestaan uit die inleiding, lyf en 'n slot.

Spreekwoord:
• Sy het 'n kop op haar lyf. [Sy is knap / slim.]
• Alles aan die lyf hang. [Alles vir klere uitgee.]
• Dit het nie veel om die lyf nie. [Dis nie veel werd nie.]
• Hy het haar te lyf gegaan. [Hy het haar aangeval.]
• Hy is gesond van lyf en lede. [Hy is blakend gesond.]
• Iemand skrik op die lyf ja. [Iemand bang maak.]
• Jou lyf vet smeer. [Jou regmaak vir 'n pak slae.]
• Hy hou sy lyf haantjie. [Hy is vrypostig, vryerig.
• Hy hou sy lyf knipmes. [Hy maak die meisie die hof.]
• Jy hou jou lyf windmaker. [Spoggerig wees.]
• Jy hou jou lyf aasvoël. [Kom net voor ete op 'n plek aan en vertrek onmiddellik daarna.]
• Meer verstand in sy pinkie hê as 'n ander in sy hele lyf. [Baie slimmer wees.]
• Iemand se bene onder sy lyf uitslaan. [Iemand se argumente ontsenu; iemand mismoedig maak.]
• 'n Lyf soos 'n berg en 'n hart soos 'n perskepit. [Gesê van iemand wat groot van postuur, maar lafhartig of baie sensitief is.]

Sinoniem:
• liggaam

Hiponiem:
• agterlyf
• bolyf
• onderlyf
• voorlyf

Afgelei:
• lyfband
• lyfbediende
• lyfbehandeling
• lyfeienskap
• lyfhare
• lyfholte
• lyfkneg
• lyflik
• lyfluis
• lyfpoeier
• lyfrente
• lyfroom
• lyfseer
• lyfskoot
• lyfsorg
• lyfstraf
• lyftaal
• lyfwag
• lywig

Vertaling:
Engels: body, figure, corpse
Nederlands: lijf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rede
Volgende onderwerp: waargeneem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:19:43 MGT 2024