Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wys
wys [boodskap #126444] Vr., 07 Junie 2019 06:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24110
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Seun wat na iets wys.
'n Seun wat na iets wys.
wys
Afbreking: wys




Werkwoord: wys
Verlede tyd: het gewys
Teenwoordige deelwoord: wysende

Betekenis:
• Om vir iemand na iets te laat kyk; laat sien; aandui; toon.
• Om vir iemand iets duidelik te maak; verduidelik.

Gebruik:
• Jannie wys vir Sannie waar die skuur is.
Wys my hoe om 'n boodskap op die forum te pos.

Spreekwoord:
• Hy wys sy tande. ['n Dreigende houding inneem.]
• Jy moet uithaal en wys. [Jou woord gestand doen.]
• Vir iemand die drumpel wys. [Iemand jou huis belet.]
Wys van watter stoffasie jy gemaak is. [Wys wat jy kan doen.]
Wys waar Dawid die wortels gegraaf het. [Iemand berispe.]

Afgelei:
• wyser

Vertaling:
Engels: to point, show
Nederlands: wijzen


Byvoeglike naamwoord: wys
Vergrotende trap: wyser
Oortreffende trap: wysste
Attributief: wyse
Partitief: wys

Betekenis:
• Wat baie slim en verstandig is; van groot insig getuig.

Gebruik:
• Die ou man is wys.
• Dit is wyse woorde.

Spreekwoord:
• Deur stampe en stote word 'n mens wys. [Deur teenspoed leer 'n mens.]
• Deur skade en skande word 'n mens wys. [Deur onaangename ondervindings leer 'n mens.]

Afgelei:
• wysheid
• wyslik
• wysneus

Vertaling:
Engels: wise, sensible
Nederlands: wijs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: burgers
Volgende onderwerp: gelewer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 10 02:50:29 UTC 2025