| terugkeer [boodskap #126422] |
Do., 06 Junie 2019 06:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25504 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugkeer
Afbreking: terug•keer
Werkwoord: keer terug, terugkeer
Verlede tyd: het teruggekeer
Teenwoordige deelwoord: terugkerend, terugkerende
Verlede deelwoord: teruggekeerde
Betekenis:
• Om terug te gaan na 'n plek of situasie van waar iemand vandaan kom.
Gebruik:
• Die bomwerper keer gereeld na sy basis terug om herlaai te word.
• 'n Swartkolk is 'n gebied in die ruimte waaruit niks kan terugkeer nie.
Sinoniem:
• teruggaan
Vertaling:
Engels: to return, go back
Nederlands: terugkeren
Selfstandige naamwoord: terugkeer
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling om terug te gaan na 'n vroeëre plek of situasie.
Gebruik:
• Die speler wat 'n besering opgedoen het maak Saterdag sy terugkeer as 'n plaasvervanger.
Vertaling:
Engels: return
Nederlands: terugkeer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|