Betekenis:
• Die nie-regerende seun of kleinseun van 'n koning of koningin.
• Die man van 'n regerende koningin wat nie self 'n koning is nie.
• (histories) Die vors of heerser oor 'n prinsdom.
Gebruik:
• Arthur, die Prins van Wallis, is voor sy pa oorlede en het gevolglik nooit koning geword nie.
• As die gemaal van die koningin Elizabeth II was prins Philip voortdurend in die openbare oog.
• Prins Albert II het in 2005 die troon van die prinsdom Monaco bestyg.
Spreekwoord:
• Van die prins geen kwaad weet nie. [Heeltemal onskuldig wees.]
Antoniem:
• prinses
Afgelei:
• prinsdom
• prinsgemaal
• prinslik
Vertaling:
Engels: prince
Nederlands: prins
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.