Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » styl
styl [boodskap #126387] Di., 04 Junie 2019 20:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26814
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
styl
Afbreking: styl



Selfstandige naamwoord: styl
Meervoud: style
Verkleinwoord: styltjie
Meervoud van verkleining: styltjies

Betekenis:
• Die kenmerkende wyse waarop iets gedoen of aangebied word.
• Die karakteristieke vorm of ontwerp van iets.
• (plantkunde) Die gedeelte van die stamper tussen die stempel en die vrugbeginsel.

Gebruik:
• Die algemene style van swem is borsslag, rugslag, vlinderslag en vryslag (kruipslag).
• Die gebou is in 'n kenmerkende Gotiese styl ontwerp.
• Die stuifmeelbuis groei deur die styl na die vrugbeginsel.

Hiponiem:
• haarstyl
• swemstyl

Afgelei:
• stylfiguur
• stylfout
• stylloos
• stylvol

Homofoon:
• steil (baie skuins op en af)

Vertaling:
Engels: style; post
Nederlands: stijl, manier, wijze

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lêer
Volgende onderwerp: professor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 12 12:24:38 UTC 2026