Leksikograaf Boodskappe: 26872 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vestig
Afbreking: ves•tig
Werkwoord: vestig
Verlede tyd: het gevestig
Verlede deelwoord: gevestigde
Betekenis:
• Om iets tot stand te bring; stig; begin; oprig.
• Om iemand se aandag of blik op iets te fokus of te rig.
• Om êrens te gaan woon en daar 'n tuiste te vind.
Gebruik:
• Die maatskappy beplan om 'n kantoor in Pretoria te vestig.
• Hy vestig my aandag op die spelfoute. Alle oë was op haar gevestig.
• Ná haar studies het sy haar in Kaapstad gevestig.
Afgelei:
• vestiging
Vertaling:
Engels: to establish, found; to focus; to settle
Nederlands: vestigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.