Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bedryf
bedryf [boodskap #126357] Sun, 02 June 2019 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedryf
Afbreking: be•dryf
Uitspraak: /bəˈdrəif/




Selfstandige naamwoord: bedryf
Meervoud: bedrywe
Verkleinwoord: bedryfie
Meervoud van verkleining: bedryfies

Betekenis:
• (ekonomie) Sakeonderneming wat produkte en dienste lewer.
• (toneel) Deel van 'n toneelstuk.
• (tegniek) Die werking van iets.

Gebruik:
• Die bedryf het reuse verliese gely.
• In die tweede bedryf vertel hy sy verhaal.
• Na twee jaar se bouery is die nuwe brug in bedryf gestel.

Afgelei:
• boubedryf
• ingenieursbedryf
• reklamebedryf
• rekenaarbedryf
• rolprentbedryf
• ruimtevaartbedryf
• suiwelbedryf
• toerismebedryf
• tussenbedryf
• vissersbedryf
• vrugtebedryf

Vertaling:
Engels: business, industry, enterprise; act; action
Nederlands: bedrijf


Werkwoord: bedryf
Verlede tyd: het bedryf

Betekenis:
• Bestuur of aan die gang hou.

Gebruik:
• Hy bedryf 'n sakeonderneming op die dorp.

Vertaling:
Engels: to operate
Nederlands: bedrijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brassery
Volgende onderwerp: status
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 23:35:48 UTC 2025