Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika
'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12543] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Nou die vraag betreffende die verlede tyd van die lydende vorm in
Afrikaans min of meer beantwoord is, wil ek graag 'n nuwe probleem aan
hierdie nuusgroep voorle^. Dit betreft die substantivering van die
werkwoord. Byvoorbeeld:

Engels: IGNORING these warnings is unwise.
Nederlands: HET NEGEREN van deze waarschuwingen is onverstandig.
Esperanto: LA IGNORADO de tiuj chi avertoj estas malsagha.

Maar hoe maak 'n mens in Afrikaans 'n selfstandige naamwoord van 'n
werkwoord? As Nederlander is ek geneig te sê:

"DIE NEGEER (GENEGEER?) van hierdie waarskuwinge is onverstandig."

Maar ek weet nie seker nie of dit goed Afrikaans is. Natuurlik kan ek
maklik die probleem omseil deur te sê: "Dit is onverstandig om
hierdie waarskuwinge te negeer", maar tog wil ek graag weet hoe die
substantivering van Afrikaanse werkwoorde geskied.

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane,'n gratis veeltalige woordeboekprogram vir Windows.

Woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar.
------------------------------------------------------------ ---
http://travlang.com/Ergane/
Re: 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12566 is 'n antwoord op boodskap #12543] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gvwi...@worldonline.nl (Gerard van Wilgen) writes: > Nou die vraag betreffende die verlede tyd van die lydende vorm in
> Afrikaans min of meer beantwoord is, wil ek graag 'n nuwe probleem aan
> hierdie nuusgroep voorle^. Dit betreft die substantivering van die
> werkwoord. Byvoorbeeld:
>
> Engels: IGNORING these warnings is unwise.
> Nederlands: HET NEGEREN van deze waarschuwingen is onverstandig.
> Esperanto: LA IGNORADO de tiuj chi avertoj estas malsagha.
>
> Maar hoe maak 'n mens in Afrikaans 'n selfstandige naamwoord van 'n
> werkwoord? As Nederlander is ek geneig te sê:

> Gerard van Wilgen


Is "Ignoring these warnings is unwise" en
"Het negeren van deze waarschuwingen is
onverstandig" grammatikaal in dieselfde
kraal? "The ignoring of" is seker nader
daaraan. Ek dink dat in Afrikaans 'n
mens laasgenoemde sal vertaal as
"die negeer (of negering) van hierdie
waarskuwings is onverstandig." Dus gebeur
in Afrikaans rofweg dieselfde as in
Nederlands.

Gloudina Bouwer
Re: 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12600 is 'n antwoord op boodskap #12543] Do, 12 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
wrote:

> gvwi...@worldonline.nl (Gerard van Wilgen) writes: > Nou die vraag betreffende die verlede tyd van die lydende vorm in
>> Afrikaans min of meer beantwoord is, wil ek graag 'n nuwe probleem aan
>> hierdie nuusgroep voorle^. Dit betreft die substantivering van die
>> werkwoord. Byvoorbeeld:
>>
>> Engels: IGNORING these warnings is unwise.
>> Nederlands: HET NEGEREN van deze waarschuwingen is onverstandig.
>> Esperanto: LA IGNORADO de tiuj chi avertoj estas malsagha.
>>
>> Maar hoe maak 'n mens in Afrikaans 'n selfstandige naamwoord van 'n
>> werkwoord? As Nederlander is ek geneig te sê:

>> Gerard van Wilgen

>
> Is "Ignoring these warnings is unwise" en
> "Het negeren van deze waarschuwingen is
> onverstandig" grammatikaal in dieselfde
> kraal? "The ignoring of" is seker nader
> daaraan.

Engels is nie my moedertaal nie, maar ek glo tog nie dat "the ignoring
of" gebruikelik is. Maar grammatikaal verskil Engels in hierdie
voorbeeld inderdaad (die afwesigheid van 'n lidwoord voor en van 'n
voorsetsel agter "ignoring" dui daarop dat dit woord nie as 'n egte
selfstandige naamwoord beskou word nie).

> Ek dink dat in Afrikaans 'n
> mens laasgenoemde sal vertaal as
> "die negeer (of negering) van hierdie
> waarskuwings is onverstandig." Dus gebeur
> in Afrikaans rofweg dieselfde as in
> Nederlands.

Dankie, dat is presies wat ek wou weet.

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane,'n gratis veeltalige woordeboekprogram vir Windows.

Woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar.
------------------------------------------------------------ ---
http://travlang.com/Ergane/
Re: 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12634 is 'n antwoord op boodskap #12543] Sa, 14 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gerard van Wilgen (gvwi...@worldonline.nl) wrote:
: Nou die vraag betreffende die verlede tyd van die lydende vorm in
: Afrikaans min of meer beantwoord is, wil ek graag 'n nuwe probleem aan
: hierdie nuusgroep voorle^. Dit betreft die substantivering van die
: werkwoord. Byvoorbeeld:

: Engels: IGNORING these warnings is unwise.
: Nederlands: HET NEGEREN van deze waarschuwingen is onverstandig.
: Esperanto: LA IGNORADO de tiuj chi avertoj estas malsagha.

: Maar hoe maak 'n mens in Afrikaans 'n selfstandige naamwoord van 'n
: werkwoord? As Nederlander is ek geneig te sê:

: "DIE NEGEER (GENEGEER?) van hierdie waarskuwinge is onverstandig."

Negeer is nie dieselfde as ignoreer nie, dus:

Die ignoreer van hierdie waarskuwingS is onverstandig. Soos jy opmerk, word
hierdie vorm egter selde gebruik en se ons liewer: Dis onverstandig om
hierdie waarskuwings te ignoreer.

: Maar ek weet nie seker nie of dit goed Afrikaans is. Natuurlik kan ek
--goeie Afrikaans--
: maklik die probleem omseil deur te sê: "Dit is onverstandig om
: hierdie waarskuwinge te negeer", maar tog wil ek graag weet hoe die
: substantivering van Afrikaanse werkwoorde geskied.

Dit wissel ook: Die wete dat my kind laat sal tuiskom...
Die geruis in my ore... (ge- toon die aanhoudende of
herhalende aan).
Re: 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12635 is 'n antwoord op boodskap #12543] Sa, 14 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gerard van Wilgen (gvwi...@worldonline.nl) wrote:
: wrote:

: >gvwi...@worldonline.nl (Gerard van Wilgen) writes: > Nou die vraag betreffende die verlede tyd van die lydende vorm in
: >> Afrikaans min of meer beantwoord is, wil ek graag 'n nuwe probleem aan
: >> hierdie nuusgroep voorle^. Dit betreft die substantivering van die
: >> werkwoord. Byvoorbeeld:
: >>
: >> Engels: IGNORING these warnings is unwise.
: >> Nederlands: HET NEGEREN van deze waarschuwingen is onverstandig.
: >> Esperanto: LA IGNORADO de tiuj chi avertoj estas malsagha.
: >>

: >
: > Is "Ignoring these warnings is unwise" en
: > "Het negeren van deze waarschuwingen is
: > onverstandig" grammatikaal in dieselfde
: > kraal? "The ignoring of" is seker nader
: > daaraan.

: Engels is nie my moedertaal nie, maar ek glo tog nie dat "the ignoring
: of" gebruikelik is. Maar grammatikaal verskil Engels in hierdie
: voorbeeld inderdaad (die afwesigheid van 'n lidwoord voor en van 'n
: voorsetsel agter "ignoring" dui daarop dat dit woord nie as 'n egte
: selfstandige naamwoord beskou word nie).

Engels sou eerder se: To ignore these warnings...
Dit los die probleem op, want dan sou ons se: Dis onverstandig om....
Re: 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12657 is 'n antwoord op boodskap #12543] So, 15 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gerhard van Wilgen skryf:
maar tog wil ek graag weet hoe die
> : substantivering van Afrikaanse werkwoorde geskied.

Voorbeelde:
die doodgaan is swaar
die gesing klink maar bedroewig
die gelag is luid
die eet is soms lekker
die aanhoudende ge-eet laat my sat voel
die rus is welkom
teveel gerus is nie goed nie
die ignoreer van die saak is nie gesond nie.

Die werkwoord, met of sonder die ge- vooraan, gee dus
die kans vir twee ietwat verskillende selfstandige
naamwoorde soms, lyk dit my.
Re: 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12658 is 'n antwoord op boodskap #12543] So, 15 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
van...@users.ilink.co.za (Teunis vanRee) writes: > Gerard van Wilgen (gvwi...@worldonline.nl) wrote:
(Gerard van Wilgen) writes:
wil ek graag 'n nuwe probleem aan
> : >> hierdie nuusgroep voorle^. Dit betreft die substantivering van die
> : >> werkwoord. Byvoorbeeld:
> : >>
> : >> Engels: IGNORING these warnings is unwise.
> : >> Nederlands: HET NEGEREN van deze waarschuwingen is onverstandig.
> : >> Esperanto: LA IGNORADO de tiuj chi avertoj estas malsagha.

>
> : Engels is nie my moedertaal nie, maar ek glo tog nie dat "the ignoring
> : of" gebruikelik is. Maar grammatikaal verskil Engels in hierdie
> : voorbeeld inderdaad (die afwesigheid van 'n lidwoord voor en van 'n
> : voorsetsel agter "ignoring" dui daarop dat dit woord nie as 'n egte
> : selfstandige naamwoord beskou word nie).
>

Ek dink ons het weggedryf van die oorspronklike
vraag - hoe vertaal 'n mens die Engelse "gerund"
in Afrikaans? Nou, volgens my woordeboek, is
"a gerund, in Latin, a verbal form that can be used
as a noun in all singular cases except the nominative,
while conveying the meaning of the verb.. for example,
modus vivendi.. In English ... the verbal form ending
in -ing when used as a noun...

Dit lyk my nie ons het in Afrikaans 'n direkte verteen-
woordiger van die "present participle" wat gebruik
kan word as 'n selfstandige naamwoord (dus 'n
gerund) nie. My vraag is of Nederlands iets
soortgelyks het en of dit ook maar soos Afrikaans
ander paaie moet loop?

Cooking is an art
Kook is 'n kuns (tensy jy verkies om te sê
"om te kook is 'n kuns," waar jy nie 'n gerund
gebruik nie, maar wel die infinitief van die werk-
woord.)
Reading is fun
Lees in lekker
Ignoring is rude
Ignoreer is onbeskof.

Gloudina Bouwer
Re: 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12666 is 'n antwoord op boodskap #12543] Ma, 16 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
wrote:

> van...@users.ilink.co.za (Teunis vanRee) writes: > Gerard van Wilgen (gvwi...@worldonline.nl) wrote:
> (Gerard van Wilgen) writes:
> wil ek graag 'n nuwe probleem aan
>> : >> hierdie nuusgroep voorle^. Dit betreft die substantivering van die
>> : >> werkwoord. Byvoorbeeld:
>> : >>
>> : >> Engels: IGNORING these warnings is unwise.
>> : >> Nederlands: HET NEGEREN van deze waarschuwingen is onverstandig.
>> : >> Esperanto: LA IGNORADO de tiuj chi avertoj estas malsagha.

>>
>> : Engels is nie my moedertaal nie, maar ek glo tog nie dat "the ignoring
>> : of" gebruikelik is. Maar grammatikaal verskil Engels in hierdie
>> : voorbeeld inderdaad (die afwesigheid van 'n lidwoord voor en van 'n
>> : voorsetsel agter "ignoring" dui daarop dat dit woord nie as 'n egte
>> : selfstandige naamwoord beskou word nie).
>>

> Ek dink ons het weggedryf van die oorspronklike
> vraag - hoe vertaal 'n mens die Engelse "gerund"
> in Afrikaans? Nou, volgens my woordeboek, is
> "a gerund, in Latin, a verbal form that can be used
> as a noun in all singular cases except the nominative,
> while conveying the meaning of the verb.. for example,
> modus vivendi.. In English ... the verbal form ending
> in -ing when used as a noun...

> Dit lyk my nie ons het in Afrikaans 'n direkte verteen-
> woordiger van die "present participle" wat gebruik
> kan word as 'n selfstandige naamwoord (dus 'n
> gerund) nie. My vraag is of Nederlands iets
> soortgelyks het en of dit ook maar soos Afrikaans
> ander paaie moet loop?

'n Mens moenie die Engelse gerundium (gerund) verwar nie met die
teenwoordige deelwoord (present participle). Byvoorbeeld:

"Smoking is bad for little boys" ("smoking" is hier 'n gerundium)
"The little boys were smoking" ("smoking" is hier 'n teenwoordig
deelwoord)

In Nederlands sou die eerste sin vertaald word as:

"Roken is slecht voor kleine jongetjes"

Maar ek weet nie hoe 'n mens die sin in Afrikaans vertaal sou nie.
Immers, in "Rook is sleg vir klein jongetjies" kan "rook" sowel 'n
aktwiteit aandui as 'n substansie.

In Nederlands word die teenwoordig deelwoord nooit gebruik om 'n
Engelse "continuing tense" weer te gee. In plaas daarvan word dikwels
die volgende konstruksie gebruik:

"De kleine jongetjes waren aan het roken"

En ook word dikwels 'n konstruksie met sommige werkwoorde van posisie
of beweging ("staan", "zitten" of "lopen") gebruik:

"De kleine jongetjes stonden (zaten, liepen) te roken"

Ek neem aan dat 'n mens in Afrikaans sou sê:

"Die klein jongetjies was besig om te rook"

Maar miskien is daar nog ander oplossinge?

> Cooking is an art
> Kook is 'n kuns (tensy jy verkies om te sê
> "om te kook is 'n kuns," waar jy nie 'n gerund
> gebruik nie, maar wel die infinitief van die werk-
> woord.)

Ah, moontlik sou "Om te rook is sleg vir klein jongetjies" 'n goeie
vertaling wees van "Smoking is bad for little boys"?

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ --
Ergane, senpaga multlingva vortarprogramo por Windows.

Vorttrezoroj por pli ol 50 lingvoj havebla.
------------------------------------------------------------ --
Ergane, a free multi-lingual dictionary programme for Windows.

Vocabularies for more than 50 languages available.
------------------------------------------------------------ --
http://www.travlang.com/Ergane/
Re: 'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika [boodskap #12674 is 'n antwoord op boodskap #12543] Di, 17 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gvwi...@worldonline.nl (Gerard van Wilgen) writes:

> "De kleine jongetjes stonden (zaten, liepen) te roken"
>
> Ek neem aan dat 'n mens in Afrikaans sou sê:
>
> "Die klein jongetjies was besig om te rook"
>
> Maar miskien is daar nog ander oplossinge?

Jy sou die Nederlands as volg vertaal:

"Die klein seuntjies staan en rook"
Vorige onderwerp: negatiewe berigte
Volgende onderwerp: Geluk aan Belgiese pastei-gooiers !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 03:07:05 MGT 2024