verhuis [boodskap #126337] |
Sat, 01 June 2019 15:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verhuis
Afbreking: ver•huis
Werkwoord: verhuis
Verlede tyd: het verhuis
Betekenis:
• Plek van verblyf verander; elders gaan woon.
• Emigreer; uit 'n land wegtrek.
• Sterf; die wêreld verlaat.
Gebruik:
• Ons verhuis na Putsonderwater.
• Sy verhuis permanent na Griekeland.
• Hy het na 'n beter plek verhuis.
Vertaling:
Engels: to move; to emigrate; to pass away
Nederlands: verhuizen
Xhosa: fuduka
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|