Leksikograaf Boodskappe: 26022 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
glo
Afbreking: glo
Uitspraak: /χlʊə/
Werkwoord: glo
Verlede tyd: het geglo
Betekenis:
• Om as waar te aanvaar; oortuig wees dat iets reg is; geloof hê.
Gebruik:
• Hy glo alles wat hy op die internet lees.
• Sy het geglo dat die aarde deur vlieënde pierings besoek word.
Spreekwoord:
• Jy sal jou oë nie glo nie. [In verwondering wees.]
• As jy nie wil glo nie, kan jy proe. [Kyk self as jy twyfel.]
• Hy glo die maan is van kaas gemaak. [Hom enigiets laat wysmaak.]
Vertaling:
Engels: to believe, trust, faith
Nederlands: geloven
Bywoord: glo
Betekenis:
• Wat vermoed of beweer word; nie seker of dit die waarheid is of nie.
Gebruik:
• Sy is glo siek.
Vertaling:
Engels: apparently, probably, presumably, seemingly
Nederlands: naar verluidt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.