Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » groen
groen [boodskap #126287] Do., 30 Mei 2019 06:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24110
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skakerings van groen.
Skakerings van groen.
groen
Afbreking: groen
Uitspraak: /χrun/




Byvoeglike naamwoord: groen
Vergrotende trap: groener
Oortreffende trap: groenste
Attributief: groene
Partitief: groens
Intensief: grasgroen, lowergroen

Betekenis:
• Met 'n kleur tussen geel en blou, soos die kleur van fris blare.
• Wat ekologies verantwoordbaar is; hernubare of omgewingsvriendelik.
• Wat onryp of onervare is.

Gebruik:
• Plante is groen weens die chlorofil wat hulle bevat.
• Dis beter om groen energie soos son- en windkrag te gebruik.
• Die nuweling is nog baie groen. Die perke is nog groen.

Spreekwoord:
• Dis nie alles gras wat groen is nie. [Skyn bedrieg.]
• Dit word groen en geel voor sy oë. [Duiselig word.]
• Nog groen koring op die land hê. [Nog jong kinders hê.]
• Nie so groen dat 'n koei jou sal opvreet nie. [Nie so dom as wat ander dink nie.]
• 'n Ou bok lus ook wel 'n groen blaartjie. ['n Ouerige mens hou ook van iets lekkers.]
• As dit met groen hout gebeur, wat sal met die droë hout gebeur? [As 'n vooraanstaande persoon iets teleurstellends doen, wat kan 'n mens dan nie verwag van 'n gewone mens nie.]

Vergelyking:
• So groen soos gras.

Sinoniem:
• groenkleurig

Antoniem:
• ryp

Hiponiem:
• donkergroen
• heldergroen
• liggroen

Vertaling:
Engels: green; immature
Nederlands: groen
Zoeloe: -luhlaza, -cwebile


Selfstandige naamwoord: groen
Meervoud:

Betekenis:
• Sekondêre kleur in die spektrum tussen geel en blou met golflengte van 550 nm.

Gebruik:
Groen pas glad nie by jou nie!

Vertaling:
Engels: green
Nederlands: groen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gelede
Volgende onderwerp: nodig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 09 17:40:19 UTC 2025